KD Rautenbach
SKOOLHOOF
Voorwoord van die Skoolhoof
In ’n vaalgrys, donker wêreld waag een skool – Laerskool Swartland – dit om vir die regte redes anders te wees.
Laerskool Swartland is ’n tuiste vir kinders: ’n Plek waar kinders kan lag, mag huil, met maats kan speel, met maats kan leer saamwerk om ’n gemeenskaplike doel te bereik, waar kinders met oorgawe nuwe dinge kan waag en kan slaag, waar hulle foute kan maak, leer en weer probeer.
Die fokus van ons pragtige skool is op die beskerming van gehalte onderrig en die vaslegging van opvoedkundige waardes by ons leerders. Laerskool Swartland is ’n veilige vesting waar ons leerders groot kan droom, dink en doen.
Ons ouers ondersteun die beginsel dat ons opvoeders navolgingswaardige voorbeelde van gesonde lewenswaardes vir ons leerders stel. Ons personeel fokus passievol op die kind, op die vorming van gesonde mense – na gees, siel en liggaam.
Laerskool Swartland is dankbaar vir die belangrike rol wat die gemeenskap en sakesektor speel om te verseker dat die skool ’n opvoedkundige instelling van uitnemendheid bly. Daarom stel die skool hom ten doel om die breë gemeenskap te ondersteun.
Laerskool Swartland sal D.V. voortgaan om in afhanklikheid van ons Hemelse Vader, jong wenners hoop vir die toekoms te verskaf deur hulle ten volle vir die volgende fase van hulle skoolloopbaan voor te berei.
Ons leerders is die toekoms – kom ons kleur dit asemrowend mooi in.
Laerskool Swartland – Ons Dien!
OORSIG
AKADEMIE
“Education is not the filling of a pail, but the lighting of a fire.”
– W.B. YEATS