GRAAD 1 – 3
GRAAD 1 – 3
Basiese Akademiese Vaardighede
Die doel van onderrig in die Grondslagfase is die aanleer en vaslegging van die basiese vaardighede wat leerders gaan benodig om die Intermediêre- & Seniorfase met selfvertroue te kan betree. Die kurrikulum vorm die grondslag van die kennis, vaardighede en waardes wat noodsaaklik is vir leer.
Ons akademiese fokus is om ons leerders voldoende geleenthede te bied om ’n stewige, breë grondslag in elk van die kernvakke, soos Afrikaans of Engels Huistaal, Wiskunde, Eerste Addisionele Taal en Lewensvaardighede, te bou. Met hierdie doel voor oë het leerders volop geleentheid om hul basiese vaardighede te verken, te verstaan en te bemeester.
Ons lê die klem op denke en redenering wat lei tot begrip, eerder as om net te memoriseer, en dit daag leerders uit om buite die boks te dink en hul lus vir kennis te verbreed. Ons assistente en interns lewer hier ’n reuse bydrae.
Hulpverlening
Akademiese hulpverlening vind in die vorm van ekstra-klasse deur die klasonderwyseres plaas. Ouers sal per brief, wat hulle moet onderteken, in kennis gestel word dat ’n leerder uitgenooi word na so ’n sessie.
Kommunikasie
Kommunikasie vanaf die skool se kant geskied meestal deur die skool se “D6 Connect” wat u op u selfoon en rekenaar kan aflaai. Die sisteem sal u waarsku wanneer daar enige veranderinge aan die program plaasvind, of wanneer daar sake is waarvan u dringend moet kennis neem. Die “D6 Connect” is die kernbron van inligting by Laerskool Swartland.
Slegs die Grondslagfase maak gebruik van eenrigting kommunikasie via Whatsapp-groepe.
“The mind once enlightened cannot become dark.”
– THOMAS PAINE