NASORG

NASORG

Huis Basson – ’n Tuiste buite die huis

Nasorg by Laerskool Swartland bied ’n liefdevolle en huislike omgewing vir leerders met werkende ouers. Ons bied hierdie geleentheid aan vir leerders om in ’n veilige omgewing te vertoef en om onder toesig van ons personeel aan hul huiswerk te werk en/of buitemuurse aktiwiteite wat by die skool aangebied word, deel te neem.

Graad RR- tot graad 4-leerders kom na skool by Huis Basson bymekaar, waar personeellede toesig hou en leerders met huiswerk en take vir die volgende dag help. Hierdie veilige en ondersteunende omgewing is bedoel om ons jonger leerders te help om suksesvol in hul skoolwerk te wees.

Seniornasorg by Huis Landman

Die graad 5- tot 7-leerders ry per bus na Huis Landman, waar hulle tydens nasorg hul huiswerk voltooi. Hulle word ook na die skool geneem om aan hulle buitemuurse aktiwiteite deel te neem. Hulle vertoef by die koshuis totdat hul ouers hul optel. Tydens hierdie tyd ontvang die leerders ’n heilsame middagete van ons toegewyde koshuismoeder. Hierdie nasorgaanbod is spesifiek ontwerp om ouer leerders die ondersteuning te bied wat hulle nodig het om hul akademiese doelwitte te bereik.

Ons is hier om die ouers en leerders van Laerskool Swartland te ondersteun sodat elke leerder ‘n suksesvolle akademiesereis geniet.

Vir enige navrae oor die aansoekproses vir nasorg, stuur gerus ‘n e-pos aan [email protected].

“Success is the sum of all small efforts, repeated.”

– ROBERT COLLIER