NASORG
NASORG
Huis Basson – ’n Tuiste buite die huis
Nasorg, geleë langs Laerskool Swartland se sportgronde, bied ’n liefdevolle en huislike omgewing vir leerders met werkende ouers. Ons bied hierdie diens – wat vakansietoesig insluit – aan vir leerders, om onder leiding van ons personeel, aan hul huiswerk te werk en/of buitemuurse aktiwiteite wat by die skool aangebied word, deel te neem.
Graad RR- tot graad 5-leerders word na Huis Basson vergesel, waar hulle ’n gesonde middagete geniet, waarna personeellede tot 17:30 toesig hou en hulp verleen met huiswerk en take vir die volgende dag. Hierdie veilige en ondersteunende omgewing is bedoel om gemoedsrus aan ouers te verskaf en ons jonger leerders te help om suksesvol in hul skoolwerk te wees.



Seniornasorg by Huis Landman
Hierdie nasorg maak voorsiening vir leerders van alle grade van Laerskool Swartland, met die fokus op graad 6- en 7-leerders. Hulle word per bus na Huis Landman vervoer, waar hulle hul huiswerk onder toesig van ’n gekwalifiseerde onderwyser voltooi. Hulle word ook terug skool toe geneem om aan buitemuurse aktiwiteite deel te neem. Hulle vertoef by die koshuis totdat hul ouers hul optel (voor 20:00 op Maandae – Donderdae en 17:00 op Vrydae). Die leerders ontvang ’n heilsame middagete (en aandete indien nodig) van ons toegewyde koshuismoeder. Hierdie nasorgdiens (skoolvakansies uitgesluit) is spesifiek ontwerp om seniorleerders die ondersteuning te bied wat hulle nodig het om hul akademiese doelwitte te bereik.
Ons is hier om die ouers en leerders van Laerskool Swartland te ondersteun sodat elke leerder ’n suksesvolle akademiese reis geniet.
Vir enige navrae oor die aansoekproses vir nasorg, stuur gerus ’n e-pos aan [email protected].
“Success is the sum of all small efforts, repeated.”
– ROBERT COLLIER