GRAAD 4 – 7
GRAAD 4 – 7
Ons werk hard, leef netjies en spreek lewe by Laerskool Swartland.
Leerders in die Intermediêre- & Seniorfase (graad 4 – 7) geniet uitmuntende ondderrig van bekwame vakspesialiste wat vir elke leerder die geleentheid skep om hul akademiese roeping te ontdek en te volg.
Die personeel van Laerskool Swartland streef daarna om leerders holisties op te voed.
Ons Intermediêre- & Seniorfase leerders streef na hul drome.
Ons leerders deurloop ’n voortdurende proses van assessering en presteer uitstekend in sistemiese toetsuitslae wat ver bo WKOD-standaarde uitstaan. Die akademie wat nougeset die KABV-voorskrifte volg, sluit hedendaagse en relevante onderwerpe in wat dit toepaslik en boeiend maak vir ons leerders se daaglikse lewens. Hierdeur word interaksie tussen elke personeellid en leerder bevorder, wat daartoe lei dat kennis en waardes nie net gevestig word nie, maar ook uitgebrei word.
Laerskool Swarland streef na uitnemendheid, omring deur ’n positiewe leeromgewing.
Vanaf graad 4, kry leerders die geleentheid om hul vaardighede op te skerp en te verryk deur deelname aan AMESA en CONQUESTA Olimpiades wat jaarliks aangebied word. Hierdie ekstra aktiwiteite versterk ons leerders se begrip van Wiskunde en ander sleutelkonsepte, terwyl hulle ook hul selfvertroue en probleemoplossings-vaardighede ontwikkel. Ons span ons in om ’n omgewing te skep waarin leerders kan floreer en hul potensiaal ten volle kan bereik.
Ons is toegewyd om die pad te baan vir ons graad 7-leerders.
Die fokus op ons graad 7-leerders is gemik daarop om die oorgang vanaf hul laaste jaar op laerskool na hul eerste jaar in die hoërskool te vergemaklik. Hierdie oorgangsjaar is van kardinale belang. Dit is die brug na die volgende fase in hul hoërskoolloopbaan. Ons strewe daarna om elke leerder toe te rus om met selvertroue en gemak by enige hoërskool aan te pas, en om daardie oorgang na die hoërskoollewe so vlot as moontlik te maak.
Hierdie strewe na suksesvolle oorgang na die hoërskool is gebaseer op ons ideaal om die leerders toe te rus met die nodige kennis, vaardighede en selfvertroue om die hoërskoolomgewing te trotseer. Ons glo dat ’n soliede basis in die kernvakke, sowel as ‘n sterk akademiese en sosiale voorbereiding, die sleutel is tot ‘n suksesvolle oorgang en toekoms vir elke leerder.
“I find that the harder I work, the more luck I seem to have.”
– THOMAS JEFFERSON