GRAAD R

GRAAD R

Ons kweek kinders met ’n passie en dors vir kennis.

Graad R is beslis die eerste jaar van ’n kleuter se lewe waar hulle begin deelneem aan ’n meer formele program, maar ons streef steeds daarna om dit so prettig en opwindend as moontlik vir hulle te maak.

Die primêre doel van graad R is om kleuters die geleentheid te gee om in al hul fasette te ontwikkel, naamlik sosiaal, emosioneel en kognitief. Hierdie vroeë jare van skool dien as ’n belangrike stap in die voorbereiding vir die oorgang na graad 1.

Een van die unieke aspekte van graad R is die vroeë identifisering van leerders met moontlike leerprobleme en ontwikkelings-agterstande. Hierdeur kan ons vinnig reageer deur betrokke terapeute en ander spesialiste in te skakel om die nodige ondersteuning te bied, wat vir die kleuters ’n beter kans op sukses in die toekoms gee.

In graad R word drie kernvakke aangebied om 'n breë grondslag vir leer te lê: Afrikaans as Huistaal, Wiskunde en Lewensvaardigheid. Engels word op ’n informele basis aangebied om leerders aan 'n tweede taal bloot te stel, wat 'n waardevolle aanvulling is op hul taalvaardighede.

Ons is toegewyd om ’n omgewing te skep waar kleuters kan floreer en geniet, terwyl hulle belangrike lewensvaardighede en ’n liefde vir leer ontwikkel. Hierdie vroeë jare van onderwys speel ’n onmisbare rol in die vorming van die toekoms van elke kind, en ons is dankbaar om deel te wees van hierdie belangrike reis.

Ons leerders ontvang weekliks ’n les deur ’n professionele Kinderkinetikus wat op groot motoriese ontwikkeling op ouderdomsgepaste vlak fokus. Hulle ontvang ook afrigting in balvaardighede en krieket (kwartaal 1 & 4) sowel as hokkie, netbal en rugby (kwartaal 2 & 3).

“Anyone who has never made a mistake has never tried anything new.”

– ALBERT EINSTEIN