GRAAD RR
GRAAD RR
Welkom by Graad RR!
Speel is die taal van ’n kind. In ons skool, gebruik ons hierdie taal om hulle te help om die wêreld te ontdek. Ons sien speel as ’n geleentheid vir kinders om te leer en te groei. Dit is deur speel dat hulle kreatiewe, kognitiewe, en sosiale vaardighede ontwikkel. Ons maak gebruik van verskeie vorme van uitdrukking, soos musiek, sang, kuns en dans om kinders te help om hul idees en gevoelens te kommunikeer.
Ons glo in Groot Motoriese Ontwikkeling.
Ons glo in die aktiewe deelname van ons leerders, binne en buite die klaskamer. Daarom moedig ons beweging aan deur aktiwiteite soos spring, swaai, klouter en bons. Ons leerders ontvang weekliks ’n les deur ’n professionele Kinderkinetikus wat op groot motoriese ontwikkeling op ouderdomsgepaste vlak fokus. Hierdie aktiwiteite bevorder nie net kognitiewe vaardighede nie, maar help ook om motoriese vaardighede te ontwikkel. Ons streef daarna dat elke leerder die geleentheid kry om hul unieke talente en belangstellings te ontdek en te ontwikkel.
Dit is hier waar jou skoolloopbaan by Laerskool Swartland begin.
Graad RR is ’n spesiale tyd vol pret en opwinding waar leerders in ’n ondersteunende omgewing leer. Dit is ’n jaar waar ’n liefde vir leer en skoolgaan begin ontstaan. Ons sien daarna uit om jou kind se ontdekkingsreis te ondersteun en hulle te help om die wêreld op ’n speelse wyse te verken.
“All kids need is [are] a little help, a little hope and somebody who believes in them.”
– MAGIC JOHNSON