INLIGTING
INLIGTING
TOELATINGS
Dankie vir u belangstelling in Laerskool Swartland.
Neem asseblief kennis dat toelatings vir graad 1 & R (vir die volgende jaar), slegs voor aansoek gedoen kan word aanlyn by westerncape.gov.za/education, tydens die tydraamwerk soos bepaal deur die Wes-Kaapse Onderwysdepartement (WKOD).
Die datums vir die WKOD se aanlyn toelatingsstelsel is as volg:
Vind asseblief die skakels vir aansoeke om toelatings hieronder:
Vir enige navrae oor die aansoekproses vir toelating, moedig ons u aan om ‘n e-pos te stuur aan [email protected].

Klerebank & Klerewinkel
Ouers kan die d6 Connect-toep gebruik om die skool se kleredrag en pryse te raadpleeg. Bestellings kan ook aanlyn deur die toep geplaas word. Aangesien die skool kontantloos wil bly, kan klererekeninge op d6 d.m.v. die Sticitt -betaalplatform betaal word. Betalings kan ook d.m.v. ‘n EFT gemaak word, of met die kaartfasiliteite in die Klerebank / Klerewinkel.
Maak gerus ’n draai by die Klerebank / Klerewinkel om klere te pas.
Die Klerebank / Klerewinkel is oop op:
- Maandae – Vrydae (08:00 – 14:00)
Kommunikasie
Ons daaglikse kommunikasie met ouers geskied via die d6 Connect-toep. Dit is dus uiters belangrik dat al ons leerders geregistreer is op hierdie toep.
Ouers kan die skakel hieronder gebruik om die Laerskool Swartland-weergawe van die d6 Connect-toep af te laai en daarop te registreer.
Kontak gerus [email protected] vir navrae rakende d6-kommunikasie.
Skoolfooie
Kontak gerus [email protected] vir navrae rakende skoolfooie.
Skooltye
Skool begin daagliks om 07:30.
Die tye vir die onderskeie grade se skooldag is as volg:
Graad RR
07:30 – 13:00
(Ma. – Vry.)
Graad R
07:30 – 12:45
(Ma. – Vry.)
Graad 1 & 2
07:30 – 13:00
(Ma. – Vry.)
Graad 3
07:30 – 13:30
(Ma. – Do.)
07:30 – 13:00 (Vry.)
Graad 4 – 7
07:30 – 14:00
(Ma. – Do.)
07:30 – 13:00 (Vry.)
“The capacity to learn is a gift; the ability to learn is a skill; the willingness to learn is a choice.”
– BRIAN HERBERT