LEERDERONDERSTEUNING

LEERDERONDERSTEUNING

Skoolgebaseerde Ondersteuningspan (SGOS)

Laerskool Swartland is met trots ‘n Voldiensskool waar die welstand van elke leerder vooropgestel word, om sodoende te verseker dat almal die noodsaaklike ondersteuning sal kry om nie net akademies, maar ook as individue te groei.

Die SGOS is verantwoordelik vir die vasstelling van die ondersteuningsbehoeftes van ons leerders. Hulle koördineer die ondersteuning wat deur leerders benodig word en gebruik die skoolraamwerk en die Departement se beleide om leerders te help om hul volle akademiese potensiaal te bereik.

Addisionele Leerderondesteuning

’n Toegewyde span opvoeders werk saam om ondersteuning aan ons leerders van graad 1 tot graad 7 te bied. Vissieklas ’n Toegewyde span opvoeders werk saam om ondersteuning aan ons leerders van graad 1 tot graad 7 te bied. Ons Vissieklas skep ’n gemaklike leerruimte vir ons Grondslagfase-leerders, waar klein groepies gedurende klastyd geneem word om ondersteuning en verdere verryking te bied. Assistente bied addisionele ondersteuning aan onderwysers tydens klastyd aan.

Ekstra klasse in Wiskunde en Tale word ook gedurende die jaar aan die graad 4- tot 7-leerders gebied. Leerders kry soggens voor skool die geleentheid om hul kennis te vestig en versterk.

Opvoedkundige Ondersteuningspan

Ons skool verwelkom die Distrik Individuele Ondersteuning waar ons personeel bykomende hulp ontvang van professionele arbeidsterapeute, sielkundiges en spraakterapeute wat die skool gereeld besoek vir addisionele ondersteuning aan ons leerders. ’n Opgeleide Remediêrende Onderwyseres bied tydens skoolure individuele ondersteuning aan ons Grondslagfase-leerders.

Vir meer inligting rakende Leerderderondersteuning, stuur gerus ’n e-pos aan [email protected].

“A child’s mind is not a container to be filled but rather a fire to be kindled.”

– DOROTHEA BRANDE