SPORT

SPORT

Laerskool Swartland se sportfilosofie is gegrond op die beginsel om elke leerder die kans te bied om gedurende die somer- en wintersportseisoene, aan sport deel te neem. Ons glo in die waarde van massadeelname as ’n middel tot individuele en gemeenskaplike ontwikkeling, waarby elke leerder se potensiaal aangemoedig word om langtermynontwikkeling te bereik, eerder as om bloot na korttermynprestasie te streef. Hierdie benadering strewe ook daarna om ’n sterk etiek van goeie sportmanskap onder ons leerders te vestig.

Ons bied die volgende sportsoorte aan:

ATLETIEK

KRIEKET

Tennis

SKAAK

HOKKIE

NETBAL

Rugby

LANDLOOP

o.6-Sportdag

Ons skool bied verskillende geleenthede aan ons leerders waar hulle blootstelling kry om hul sportvaardighede te beoefen en dit tydens wedstryde en sportdae op die proef te stel. Een van ons gunsteling sportgeleenthede is die o.6’e se eerste Sportdag in die derde kwartaal, waar die graad R-leerders in onderskeie netbal- en rugbyspanne deelneem.

Outeniqua-Sportnaweek

Die hoogtepunt op ons sportkalender is die jaarlikse sportnaweek in die eerste week van Augustus wanneer ons teen Laerskool Outeniqua deelneem. Verskeie sportspanne (tennis, rugby, netbal, hokkie en skaak) neem aan wedstryde teen Outeniqua deel.

Ons toer elke tweede jaar met ons busse na hierdie opwindende geleentheid. Die sportnaweek is ’n geleentheid vir ons leerders om hul skool met trots te verteenwoordig en hul vaardighede ten toon te stel. Dit gaan nie net oor die wedstryde self nie, maar ook oor die samesyn van die twee skole, en die opbou van vriendskappe.

Die naweek is ook ’n unieke kans vir ons leerders om weg van die skoolterrein en -roetine te wees. Ons het die voorreg om ons naweek in die koshuis van ’n ander hoërskool deur te bring, wat ’n leerervaring opsigself is. Dit help om ons leerders te verryk en om ’n nuwe perspektief op hul eie lewens te verkry.

Dit is ’n naweek van emosie, opwinding en harde, gesonde kompetisie!

Sportgeleenthede by Laerskool Swartland

Daar is talle sportgeleenthede wat jaarliks vir ons leerders aangebied word:

  • Grondslagfase-atletiekbyeenkoms

  • Interkleure-Atletiekbyeenkoms

  • o.13A-Krieketwedstryde onder spreiligte

  • Marlow o.13-Rugbytoer (Cradock)

  • Kobus Wiese o.13-Netbaltoernooi (Noord-Eind)

  • Maties o.13-Hokkietoernooi (Stellenbosch)

  • Laerskool Swartland Rugby 7’s & Netbal Fast Five-Toernooi

Vir navrae oor skoolsport, of ander buite sportsoorte wat nie deur die skool aangebied word nie, stuur gerus ‘n e-pos na [email protected].

“Teamwork is the beauty of sport, where you have many who act as one. You become selfless.”

– MIKE KRZYZEWSKI